Praktiese Kinderkerk Opleiding - “My Huis Sal ‘n Huis van Gebed Wees”

Praktiese Kinderkerk Opleiding - “My Huis Sal ‘n Huis van Gebed Wees”

Ons sien baie uit na die KidzConnectSA-webinaar: “My Huis sal ’n Huis van Gebed wees.”
Hierdie sessie gaan vol praktiese idees wees oor hoe om gebed lewendig en verstaanbaar vir kinders te maak in julle eie Kinderkerk.

Wanneer jy geregistreer het, sal jy ’n e-pos ontvang met ’n spesiale skakel waarmee jy ook op Zoho moet aanmeld om deel te wees van die webinaar. Dit is belangrik, want net deur daardie Zoho-skakel kan jy by die regstreekse sessie aansluit.

Onthou asseblief om die webinaar-skakel nie met ander te deel nie — dit is slegs vir jou of jou geregistreerde span.
Maar jy is welkom om die webinaar saam met jou span of gemeente te kyk as julle bymekaar kom op dieselfde plek. Dis ’n wonderlike manier om saam te leer, te bid en nuwe idees te beplan vir julle Kinderkerk.

💡 TEMA: My Huis sal ’n Huis van Gebed wees
🕘 Tyd: Vrydag, 24 Oktober 09:00–10:00
🎥 Taal: Afrikaans
🎁 Prakties: Idees, voorbeelde en hulpmiddels vir gebed in Kinderkerk
📘 Materiaal: PDF-notas beskikbaar ná die webinaar
SKU: KCSA-WEB-Gebed-1025
R 52,00

R 65,00