Children Knowing the Word-Growing in the Lord

Die Grootste Geskenk – Gratis Kersfeesles vir Kinderkerk (6–12 jaar)

Help kinders hierdie Kersfees om die beste geskenk ooit te ontdek.

Die Grootste Geskenk is ’n gratis Kersfeesles vir kinderkerk en Sondagskool. Kinders stap deur die Kersverhaal, van die engel se besoek aan Maria tot by die skaapwagters in die veld (Lukas 1–2), en leer uit Johannes 3:16 hoekom God sy Seun gegee het. Hulle word genooi om Jesus, God se grootste geskenk, te ontvang deur op Hom te vertrou.

Wat is binne-in?
• ’n Les van 13 bladsye om te druk of aan te bied: ’n spanspeletjie voor in die saal, Swaardsoek, twee eenvoudige voorwerplesse, hersieningsvrae, ’n kunswerkie en ’n Bedieningsoomblik
• Wysigbare PowerPoint-skyfies (ook as PDF en prente)
• ’n Tuisblad vir elke kind

Maklik om aan te bied met alledaagse goed, selfs vir ’n nuwe vrywilliger. Geen video of spesiale opstelling nodig nie.

6–12 jaar
Gratis om te druk, te gebruik en met ander leiers te deel. Moet dit asseblief nie verkoop nie.
Ook in Engels beskikbaar: The Greatest Gift.
Het jy die les geniet? Probeer Sy Naam Is, ons Kersreeks in 6 boodskappe.
SKU: KCSA-FREE-XMAS26-AF